Ons kom maandeliks bymekaar - elke 3de woensdag. Ons probeer ook op uitstappies gaan. Voorlopige program vir die res van die jaar: Mei - Ontbyt by Dros in Benoni. Junie - Gewone byeenkoms - kerksaal Julie - Hobo partytjie - by kerksaal (Ons eet vis & skyfies) Kom kyk gerus jy sal verbaas wees oor die idees waarmee die mense vorendag kom. Augustus - Tee en gesellige byeenkoms - kerksaal. September - Lente ontbyt Oktober - Gaste tee. November - Kersete en afsluiting Ons mag nouwel nie meer so jonk in ouderdom wees nie, maar die gees bly nog jonk. Kom skakel gerus in, u hoef nie 'n pensioenaris te wees nie. Kom kyk hoe kan so 'n klomp "ou" mense hulle geniet.